Daar word meer gereeld gewaagde stukke geplaas en ek verstaan dat dit nie in almal se smaak val nie maar ook dat dit een van die reëls van die webwerf is dat sulke werk nie geplaas word nie. Om hierdie saak aan te spreek sal die volgende stappe geneem word in die volgende paar weke.
Dit is verlede week bekend gemaak dat die dae van veelvoudige registrasies getel is en die skoonmaak proses het begin. Dit het die volgende tot gevolg gehad.
Die Woeste navorsing is voltooi en ek is besig om deur die resultate te gaan. Ek wil baie dankie sê aan almal wat deelgeneem het, daar het meer as 15% van mense deelgeneem wat dit 'n sukses maak.
My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.