Digters is dromers op papier en Afrikaans is die papier van hulle drome. Deesdae is die Afrikaanse digkuns (volgens die koerante en ander “kenners”) aan’t agteruitgaan en al hoe minder geleenthede word geskep vir die jong digter om sy/haar werk aan die publiek bekend te stel.
Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af.
slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder.
slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.