Ek wil die Woes-gemeenskap bedank vir n uiters geslaagde Digkompetisie. Daar was tye in die eerste twee weke wat ek gewonder het of ons selfs 50 digters gaan kry, om die bloemlesing te kan publiseer volgende jaar.
Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak?