Baie skrywers het my al gevra oor presies wat is ‘n gedig, ‘n happie ens. Dit is moeilik om vir elkeen te antwoord. So ek het riglyne laat optrek oor presies wat elke kategorie is en watse werk daar publiseer kan word.
"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!"