Aandag alle skrywers! Aandag alle skrywers! Hark julle rekenaars nader, gaan soek daardie skryfsels wat jy lank gelede al geskryf het en intussen nog niks verder mee gedoen het nie, want op 4 Oktober 2010 skop die skryfkompetisie van die webwerf www.woes.co.za af.
Met die aanstel van die nuwe administrateur op Woes, http://ondersteuning.woes.co.za , wil ek dit net weer tot almal se aandag bring hoe om probleme met gepubliseerde werke en ander gebruikers te hanteer.
Soos julle almal weet is die nuwe skryf kompetisie op Woes verlede week geloods. Hierdie nuwe kompetisie sal begin Oktober 2010 afskop saam met die bekendstelling van die nuwe Woes webwerf met ‘n totale pryspot van R50,000 oor vyf kategorieë.
Willem Gous, eienaar en uitvoerende bestuurder van die webwerf www.woes.co.za, het gister aangekondig dat dié webwerf in samewerking met ander rolspelers en borge ’n skryfkompetisie ter waarde van R50 000 gaan loods.
Soos julle weet is ons besig om Woes oor te bou. Dit hou my baie besig en ek kry nie altyd tyd om my eposse tans te beantwoord nie. Ek vra omverskoning vir die ongerief veroorsaak maar hierdie probleem is nou opgelos.
Na aanleiding van die gesprekke wat die afgelope tyd op die webwerf plaasgevind het, is dit tyd dat daar navorsing gedoen word oor hoe ons die kwaliteit van werk op Woes gaan verbeter.
Die afgelope week het daar regtig net positiewe dinge uitgekom uit die gesprekke en kommentare van gebruikers oor hoe ons kan verseker dat Woes ‘n geboorteplek van kwaliteit skrywers gesien kan word.
YG Lifestyle Travel Services het ‘n prys van ‘n naweek weg vir twee insluitend vlugte en vervoer geborg vir die digkompetisie. Ek wil YG travel bedank vir die borgskap en dit onder almal se aandag bring dat hulle regtig ‘n klomp spesiale aanbiedinge het waar jy teen ‘n appel en ‘n ui oorsee kan gee. Besoek http://travel.woes.co.za Skakel gerus vir Yolandi Genis by 082 680 1661 of yg@ygtravel.co.za
Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.