Aandag alle skrywers! Aandag alle skrywers! Hark julle rekenaars nader, gaan soek daardie skryfsels wat jy lank gelede al geskryf het en intussen nog niks verder mee gedoen het nie, want op 4 Oktober 2010 skop die skryfkompetisie van die webwerf www.woes.co.za af.
Soos julle almal weet is die nuwe skryf kompetisie op Woes verlede week geloods. Hierdie nuwe kompetisie sal begin Oktober 2010 afskop saam met die bekendstelling van die nuwe Woes webwerf met ‘n totale pryspot van R50,000 oor vyf kategorieë.
Met die aanstel van die nuwe administrateur op Woes, http://ondersteuning.woes.co.za , wil ek dit net weer tot almal se aandag bring hoe om probleme met gepubliseerde werke en ander gebruikers te hanteer.
R 180.00
Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help.
Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.